Arcadius | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Borsbeeld van Arcadius (Istanboelse Argeologiese Museum).
| |
Bewind | Januarie 383 – 395 (Augustus onder sy pa, Theodosius I); 395 – 1 Mei 408 (keiser van die ooste, saam met sy broer Honorius as keiser van die weste) |
Volle naam | Flavius Arcadius Augustus |
Dinastie | Theodosius |
Gebore | 377/8 n.C. |
Oorlede | 1 Mei 408 n.C. |
Voorganger | Theodosius I |
Opvolger | Theodosius II |
Eggenote | Aelia Eudoxia |
Kinders | Theodosius II Pulcheria Arcadiaen Marina |
Vader | Theodosius I |
Moeder | Aelia Flaccilla |
Arcadius (Latyn: Flavius Arcadius Augustus, Grieks: Ἀρκάδιος; 377/8 – 1 Mei 408) was die Bisantynse keiser van 395 tot met sy dood in 408. Hy was die oudste seun van Theodosius I en sy eerste vrou, Aelia Flaccilla, en die broer van die westerse keiser Honorius. Hy was ’n swak leier en sy bewind is oorheers deur ’n rits magtige ministers en sy vrou, Aelia Eudoxia.